Dit is ons doel en strewe van die Ondersteunersklub van Langenhoven Gimnasium om die band tussen oudleerders/ondersteuners en hul Alma Mater te behou. Ons doel is ook om die belange van Langenhoven Gimnasium te bevorder en die sosiale omgang tussen oudleerders, ondersteuners en oud- en huidige onderwysers van Langenhoven Gimnasium aan te wakker.
Hoewel ons aktiwiteite op sport konsentreer, is ons ook betrokke by verkope en ander funksies. Die doel met ons funksies en verkope is om geld in te samel om die skool se sport uit te bou. |